Asteekse mitologie

Asteekse beeld van ruimte en tyd, met Xiuhtecuhtli in die middel.

Die Asteekse mitologie was die versameling religeë van die Asteke. Die Asteke het verskillende stromige en invalshoeke met betrekking tot religie gehad. Hoewel die mitologie vir die Asteekse bevolking in die praktyk as 'n politeïstkese godsdiens ervaar en bely was — hulle het meer as 'n honderd gode en supernatuurlike wesens gehad — het die priesters panteïstiese opvattings gehad. Sommige Meksikaniste, waaronder Miguel León Portilla, meen selfs dat dit nie korrek is om van Asteekse gode te praat nie, omdat die verskillende godhede gewoonlik as manifestasies van mekaar gesien was. Die feit dat die Nahuatlse woord teotl sterk op die Griekse θεος (theos) lyk, het dit volgens León Portilla daartoe gelei dat teotl as god vertaal is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search